8ste – 11de November Spirit of Freedom “Great Barrier Reef”
Live aboard! Ons eerste live aboard ervaring ooit en dit nogalS op die “Outer Great Barrier Reef”. Ons het vertrek vanaf Cairns hawe en sommer vinnig vinnig die mede duikers en “crew” leer ken. Mossy was die dive master en Phil (Elvis) sy regterhand. Meg was ons gasvrou en dan was daar nog, ninja Norri, Claire, Chris en baie belangrik ons kok Andrew.
Die program was baie eenvoudig duik, eet, duik, eet vir ‘n totaal van 12 duike en 15 etes in drie dae! Ons weet nie wat was die lekkerste nie, die kos of die duik??
Aand een het ons die 250km noord vanaf Cairns op die GBR aangevat na Ribbon Reefs nege en tien. Die see was bietjie rof en het nie baie goed met onse Neel geakkomodeer nie. Na die tweede duik het ‘n oorpyn ook vir duiker Daan gekniehalter! Maar daar is niks wat ‘n snytjie droe brood, ‘n paar seesiek pilletjies en” Mossy’s magic eardrops” nie kan uitsorteeer nie. Die volgende oggend was ons weer die kat se snor!
Ons het tussen die kleurvolle koraal, skole vis, hier en daar ‘n haai en seeskilpad, die riwwe heerlik verken. Wat ‘n voorreg!!!
Na die duik (en saam met ietsie lekkers te ete) het ons heerlik saam met al ons nuwe maats gelag vir die Brazilianers. Nie net kon hulle nie Engels praat of verstaan nie, maar die koddige vroutjie was HEELTYD seesiek en haar man was die eintlike “clownfish” op die reef (boyensy non existant!)
Dan was daar ook Karen Rosenkranz, ons verneem dat sy van Duitsland is, maar is bereid om geld te waag op Mars. Buiten Mars en Brazilie was die res van die duikkroos so ‘’normaal’’ soos ons –hie hie! Ons het vet pret gehad en veral lekker gekuier saam die twee “kaaskoppies” Daisy en Twan, ons “dive buddy” Robbin, Remmie die Fransman en uncle Dave die grootmond Amerikaner. Dan was daar ons Jackie en haar man, Paul en Chiang en Xavier en sy vrou.
Ons kan nie genoeg uitgepraat raak oor die vriendelikheid en professionaliteid van die bemanning nie! Het dit al reeds genoem, maar die groente en vrugte in Aussie is uit ‘n ander wereld. Meg het rondgeloop en ons bedien met ‘n “fruit platter” – to dive for!!
Ons cabin (jammer Pa Johan, ons weet nie wat is die Afrikaanse woord nie) was bo verwagting gerieflik. Lekker dubbel bedjie, heerlik koel en en-suite.
As mens na ‘n duik oor die see uitgetuur het, besef mens hierdie tipe geisoleerdheid is uniek, ons het dit ook in Namibie endie Moremi beleef, maar net nie in soveel luuksheidheid nie.
Met soveel passie vir die koraalrif en sy ekosisteem het Mossy ons ervaring, nie net veilig nie, maar ook opvoedkundig gemaak. Ons duikhoogtepunte was sonder twyfel die nagduik saam met Robbin (hy het twee flitsligte gehad, wat Ingwelala se “spot light” na niks laat lyk nie) nodeloos om te se het al wat ‘n roofvis was die lig gebruik om te jag en Daan het gedink dit is net ‘n kwessie van tyd voor een van die Giant Travelli’s, Tuna of Barracuda een van sy ledemate vir ‘n apperatief sou aansien. Dan was daar natuurlik ook ‘n reuse Logger Head Turtle en ‘n paar “ Reef Sharks” om ons te laat wonder ...
‘n Ander hoogtepunt was ons laaste dag se duik in die “COD HOLE” ‘n wereldberoemde duik plek naby Lizard Island. Hier het ons reuse “Potato Cods” gevoer en soos ons video sal wys, was hulle grooter as die haaie in die omgewing. Wat ‘n ervaring!
Ons het ons tydjie op die Spirit of Freedom afgesluit met ‘n ware Aussie BBQ. Kangaroo, swaardvis, sirloin steak en hoender. Bykosse was, mielies, aartappel slaai, prawn en avo slaai, griekse slaai en heerlike vars gebakte brood. Dit alles moes ons afsluk met heerlike Shiraz van Wes-Australie. Al hierdie kos en die geselsies van ons nuwe duik vriende sal ons vir altyd bybly.
Ons laaste oggend het ons vroeg afskeid geneem van die Spirit en sy bemanning en met ‘n knop in die keel ‘n pragtige vlug vanaf Lizard Island terug na Cairns geneem.
Dit was asembenewend om die see, koraalriwwe, wit strande en donkergroen reenwoude in mekaar te sien weef, Noord-Oos Australie is pragtig!
Ons vliegtuig van Lizard Island na Cairns.