1ste -5de November Melbourne
Ons het 10:45am vertrek vanaf Perth en 17:15pm arriveer in Melbourne. Perth : SA 6/7 ure gewen, Perth: Melbourne nog 3 ure gewen. Net genoeg om twee Van den Heevertjies se slaappatrone lekker deurmekaar te maak.
Ons het dadelik verlief geraak op Melbourne. Dit laat ons vreeslik dink aan San Francisco, net mooier en skoner.
Ons kan nie genoeg dankie se vir oom Abie en Tannnie Yvette nie. Hulle was so onsettend gasvry om vir ons hulle woonstel ,in die hartjie van Melbourne, se sleutel by die concierge’s te los, terwyl hulle vakansie hou in Suid-Afrika.
Ons GPS het ons sonder enige mooite voor hulle woonstel blok laat stilhou in Port Melbourne, Rouse Street. By die concierge kry ons toe ‘n mooi rooi boksie wat op staan, Abie en Yvette Spies. Soos tannie Yvette in haar e-pos vir my gese het “Ons is no. 91 op die 9de vloer. Daar is twee torings. Ons is toring no. 95.
Ongelooflik!!! Ons moes onsself knyp om te kan glo wat ons sien. Net vir onsself,‘n panoramiese uitsig oor die see en ‘n beeldskone snoesige woonstel vir 4 dae.
Die mense in Melbourne is baie aangenaam. Die kwaliteit van die vrugte en groente is ongelooflik. Tannie Yvette het vir ons appels in haar oulike olifant vrugte bak gelos. Daan het geskrik toe ek ‘n appel vat en begin eet –hy het duidelik gedink dit is net vir die mooi en nie om te eet nie.
Ons het vreeslik uitgesien om mekaar aantevat vir ‘n potjie tennis, maar ongelukkig was ons “timing” uit tussen al ons ander aktiviteite en die weer. Ons het wel bietjie gaan gym en ‘n onsself uitasem geswem – swempet en swembrille, die hele spul.
Dit is so moeilik om uittesonder wat om te doen elke dag. Een van ons hoogtepunte was “Great Ocean Road”. Victoria se bekende suid-westelike kus roete. Daar was net een probleempie... die moegheid het ons oorval. Na ons brunch (2:30pm), oesters, kalamarie en ‘n glasie champers moes ons eers bietjie rus.
Ons het afgetrek by ‘n Spa Hotel en ongelukkig nie in die hotel nie, maar onder ‘n boom ons Camry geparkeer, die sitplekke agtertoe geslaan en vir 50 min ‘n “power nap” gevang. Uitgerus het ons die beeldskone natuur van die kusroete baie geniet. Ons het ‘n koffiewinkeltjie gesoek om by stil te hou in die reenweer, maar te vergeefs weer opgeeindig in ‘n resturant/bar met ‘n glasie rooiwyn. Die “locals” het ons vermaak met hulle uitrustings van die Melbourne Cup en hulle musiek smaak.
Die volgende oggend, was ons so 20 toeriste wat in ‘n bussie die Yarra Vallei se pragtige wynlande besoek het. Die Yarra Vallei is so uur se ry, Noord-oos van Melbourne.
Ons het 4 wynlande besoek waarvan twee “Boutique wineries” was. Ons was bederf met ‘n lieflike middagete by “Rochford”. Ons het salmon gehad met smaaklike aspersies. Rochford het ‘n klein gallerytjie en ‘n oulike winkeltjie. Wie het al ooit gehoor van ‘n Pinot Noir seep? Hulle is ook bekend vir hulle opelug konserte langs die wingerde. Onderandere het Nora Jones al daar opgetree.
Nadat ons heerlik vino geproe het en geslaap het oppad terug in die bussie het ons bietjie in Port Melbourne rondgeloop. Daan het besluit dit is nou tyd vir ‘n haarsny en ek het my eerste ThaI massage gehad. Die massering was lieflik en ‘n hele uur lank. Daan was fluks en het bietjie langs die see gaan draf vir ons part.
Gou deur die stort gespring , reg om vir Maggie en Tom te kry vir aandete in St Kilda. Dit was so lekker om weer vir Maggie te sien . Dit gaan baie goed met haar en Tom in Melbourne. Ons het by ‘n buzzing plekkie geeet en heerlik gekuier. Ons sal mekaar gelukkig weer in Plett sien, aangesien ek vergeet het om ‘n foto te neem tussendeur al ons geselsies deur.
Verder het ons die “City Tram” geneem wat reg rondom die stad ry. So het ons ook bietjie langs die rivier gaan stap en al die mooi geboue bewonder. Alles is so skoon en rustig, ek moet se ‘n mens kry glad nie die stads gevoel in Melbourne nie.
Ons het oor die hele Melbourne uitgekyk vanaf die Eureka Tower se 88ste vloer. Ons het vandaar bo gesien dat daar krieket gespeel word by MCG – Aus teen Sir Lanka. Ons het rustig aan cappuccino gedrink en ‘n paar poskaartjies geskryf. Die poskaarte daar en dan gepos vanaf die hoogste posbus in Aussie.
En so is ons tydjie in Melbourne ook nou verby. Ons neem net goeie herinneringe saam met ons en hoop om eendag weer hier te kan uitkom.
Tannie Yvette en Oom Abie se mooi uitsig.