11de – 14de November Allawah Retreat, Tolga, Atherton Tablelands
Na ons besige duikekspidisie was 3 dae by Allawah net wat ons nodig gehad het! Die Tablelands, is ‘n area so 80 km Suid van Cairns, waar bergagtige tropiese reenwoude, groot vlaktes ontmoet, met ‘n resultaat natuurlik ‘n ongelooflike mooi uitsig! Ons chaletjie was dan ook teen ‘n koppie, met ‘n pragtige uitsig. Die Jacuzzi op die patio het natuurlik die uitsig soveel mooier gemaak. Vir 3 dae het ons nie veel beteken nie, DVD’s gekyk, laat geslaap, gejacuzzi en heerlik gebraai op die weber.
Die weer was ook bietjie renerig, wat die hele ervaring net soveel meer romanties gemaak het. Ons het darem een uitstappie gehad, na die plaaslike groente en vrugte delicatessen, drankwinkel en slaghuis! Heerlik ontspan, koerant gelees en bietjie ingehaal op ons blog. Ons het ook twee keer gaan draf, nogals harde werk, aangesien die laaste kilometer styl opdraand was! Daar was gereeld kangeroos op ons draffies asook 2 baie oulike possums wat ons elke aand kom besoek het. Hulle lyk baie soos oorgroot nagapies en is ookal nogals rats in die bome!
Peter en Trish, die eienaars van die “Spa Resort”, het ons elke oggend bederf met ‘n klein vars gebakte broodjie in ‘n mandjie. Peter het dit afgelewer met sy 4 wiel moterfiets. Ons het die heerlike broodjie geniet saam met Trish se tuisgemaakte “passion fruit jam”.
Ons verruil die paar lui lekker dae vir niks nie!!