Search This Blog

Sunday, 7 November 2010

24ste Oktober

24 Oktober                                                      3rd Bridge Moremi
Vroeg op!  Nie my en Nelie se sterkpunt nie, maar tussen die son en al die voelgeluitjies is daar geen keuse nie!  Boonop is ons nou al gesoute campers en in roetine!  Vanoggend is dit uit op Third Bridge se splinternuwe bootroete in die Delta.  Organ (weet nie of hy na ‘n orgaan of kerkorrel vernoem is nie) is ons kaptein en guide en het ons op ‘n fantastiese 3 ure (ons het net betaal vir 2!) bootrit geneem, na plekke waar daar nog baie min mense was.  Soos reeds vroeer genoem, is die voellewe in die Delta ongelooflik en vanoggend was geen uitsondering nie!  Giant King Fishers, Mini King Fishers, African Darter(Organ se favourite en verbeel maar net hoe hy dit se!) Maraboe’s, hel, weet nie watter voels alles nie, ongelukkig het ons net Engelse name, maar dit was ongelooflik!  Tussendeur so paar painted reed frogs (geverfde riet paddas?) en ‘n familie of 2 seekoeie, wat byna ons bootjie getiep het toe hulle direk voor ons uit die water verreis het!  Dit was heerlik.  Ons het gestop vir koffie by ‘n klein eilandjie waar minstens 4 soorte voelspesies in 1 boom broei, mens kan letterlik aan die voels vat, hulle ken nie mense nie!   Nelie het ook gesorg dat ons ‘n klein African Darter uit die kloue van ‘n honger baber red!  Hierdie was definitief die plek op Aarde waar ons tot dusver die mees afgesonder van die menslike saamelewing gevoel het, great om te weet daar is nog sulke plekke wat goed bestuur en onderhou word.
Net na middagete het ons vir ‘n game drive na Xhakanaxha, ‘n ander kamp in die Moremi , gegaan met die hoop om ‘n foonkaart in die hande te kry om my Ma geluk te wens met haar verjaarsdag en vir Wies te bel in die hospitaal.  Die rit was baie opwindend, want ons het in totaal 4 water kruisings gedoen, waar ek en Pa Dawie moes uitklim en die diepte van die water toets.  Nelie was aan stuur en moes ons instruksies streng navolg – sy het baie goed gedoen.  3 Ure later, na vele ompaadjies – byna geen pad aanwysings in die Moremi nie- het ons by Xhakanxha aangekom, net om weer ‘n ‘’Eish, sorry, I am busy resting can’t you see...’’ te kry van die een met haar voete op die lessenaar.  Die pad terug het darem effens makliker gegaan en ons het begin vuur maak vir ons laaste braai in die bos en heimwee het beina begin inskop!  Soos altyd heerlik geeet, pap, wors, steak, slaai en braaibroodjies, heeltemal te veel, maar so lekker! (Hoe bly is ek nou oor my 2 weke se dieet voor ons trippie!)  Gelukkig het koning leeu ons ook met ‘n brul (gelukkig hierdie keer bietjie verder) gegroet en net weer laat besef dat Afrika diep in ons harte le!