29 Oktober tot 1 November Perth Australie!
Good day mates!
Na ‘n heerlike vlug van omtrent 10 ure het ons vars en vrolik vir die eerste keer met die Australiese kontinent kennis gemaak. Eerste indrukke is blywend en ek moet se van die mense by Hertz tot Vodafone en Doeane beheer, was almal baie vriendelik en georganiseerd. Vinnig, vinnnig het ons ons ‘’hope’’ bagasie in ons Toyata Corola gelaai, (hy het net 20km op die klok gehad) en die pad gevat na At en Vanessa waar ons die volgende 3 aande sou bly. Perth het 2 miljoen mense en is baie uitgestrek en At –hulle bly in ‘n baie nuwe gedeelte heel Noord oppad na Joondalup, genaamd Butler, naby Quins Rock (dink dis reg). Ons het sommer van die lughawe kuslangs gery en dit is baie mooi!
Weet nie waar kom die ‘’Bloemfontein by the sea’’ ding vandaan nie, want natuurskoon, woonbuurte en netheid van die stad kry by ons baie hoe ratings. Veilig by Cronje’s aangekom het ons hulle oulike dogtertjies Jana en Mini (Mingion) ontmoet en opgecatch na die baie lank nie sien nie. Tannie Hilda het ons kom join en na ‘n sundownertjie by die plaaslike seilklub het ons die eerste van 3braaie in 3dae in Perth gehad. Lekke gejetlag het ons na ‘n paar Jamesons in die bed gespring, want more oggend is kerkbezaar in Perth!
Lekker laat geslaap en uitgerus, het ons by die bazaar uitgekom, laat ons baie dink aan SA Gemeente Londen se dankfees. Heerlik gepannekoek, face paint en biltong, kan sien hier is ‘n baie groot SA gemeenskap, dink dit is great vir nuwe mense wat pas die groot besluit gemaak het om te emmigreer. Hierna het At ons gaan wys hoe lyk die stad. Baie beindruk! Modern, pragtig met die ouer Victoriaanse boustyle gemeng, alles baie netjies en pragtige bome en baie mooi rivier (die Swan River) om alles af te rond. Blykbaar is mynbou besig om te "boom" in Wes Australie en dit is duidelik sigbaar aan die geboue, huise en karre (asook pryse van alles) in Perth. Na ‘n drankie op die Swan se Noord oewer, is ons na Kings Park, ‘n botaniese tuin, met pragtige uitsigte oor Perth na alle kante. At het fotos van ons geneem dat dit bars! Dankie At! Dit was heerlik. Vanaand was dit Halloween Party, ek en At het as myner 34 en 35 van die Chillie mynramp gegaan, dit was ook Curriebeker finaal – WP alweer cechoke! Klomp van die Cronje’s se nuwe vriende ontmoet en baie lekker gekuier.
Volgende oggend was dit tyd vir nog ‘n Suid Afrikaanse girl se verjaarsdag (sorry, het haar naam vergeet) Dit was piekniek in Yanchep National Park, waar ons ons eerste Kangaroos en Koalas gesien het. Hier het ons ook besef dat vliee ‘n moerse probleem in Perth is! Hel hulle het my gelove! Lekker boerworsrolletjies geeet en nog ‘n klom Zaners ontmoet. Ons is seker At en Vanesse sal baie goeie pelle hier kan maak. Na Piekniek is ons vinnig strand toe vir ‘n Sundowner en besef dat ons more oggend vroeg moet vlieg. Voor aandete het Nelie besluit om bietjie te gaan draf... ‘n uur en 10 minute later het ek begin dink sy het verdwaal en nog so 10 minute later het ‘n benoude stemmetjie my op ons UK foon gebel met die versoek dat ons haar asb by die plaaslike kroeg moet kom oplaai. Dit was vrek snaaks, maar ek het darem nog my klein Nolie! Hel, ons het lekker gekuier in Perth, maar dit was bitter vinnig verby. Aan At en Vanesse en Tannie Hilda wil ons net baie dankie se vir jul ongelooflike gasvryheid. Ons vertrou julle sal baie gelukkig wees in Perth en hoop om julle volgende jaar by die RWC te sien.
Uitkykpunt vanuit die Botaniese tuine Vonny, besig om vir Daan optemaak vir Halloween.
Perth
Mienie by die kerkbazaar
Daan en At by 'n oulike plekkie op die Swan rivier