Search This Blog

Friday, 12 November 2010

26ste-28ste Oktober

26ste Oktober                                   Gweta Lodge na Pretoria
Ons het besluit om by Francis Town ‘n brunch by die Wimpy te eet.   Ons was baie beindruk met Francis Town en sy mense.  Almal vreeslik vriendelik en baie netjies aangetrek.  Alles het vinnig en maklik gegaan by Martin’s Drift grenspos.  Terug in Suid-Afrika – wat ‘n mooi land!
Ons het by ‘n padstal gestop waar Pa Dawie het vir ons heerlike soet perskes gekoop het, en ek vir oulaas mooi galant moes hurk lanks ou KEA.   Ons was gedruk vir tyd, aangesien ons vir KEA hulle 4x4 moes teruggee vandag.
Soos wat ons almal vir Daantjie ken, het hy gereel dat ons eers 8 uur die kar kon teruggee.  Ons het vir Pa Dawie by die huis gaan aflaai en gegroet na ‘n fantastiese tydjie saam.  Daan het vir my en al ons vuil wasgoed by die Van den Heever woning veilig gaan aflaai en deurgeskiet Kempton toe.
Ons het baie probleme gehad met ons KEA 4x4, maar hy het soos ‘n droom gery en ons is dankbaar dat ons veilig terug is in Pretoria na soveel km’s.
Ek, Ma Sarie, Phili en Lezaan het saam met die hondjies gaan stap.  Wat ‘n lieflike aand,  Pretoria het darem maar net die beste weer.
Mike en Daan het ‘n biertjie gedrink by die huis nadat Mike vir Daan kom aflaai het.  Pa Johan het ongelukkig vir werk oorgeslaap en ons nie kom vergesel met ‘n heerlike ete aan tafel nie.  Ons mis die saam sit aan tafel as familie vreeslik daar in London. 
Uitgeput en doodmoeg het ons in die kooi gaan klim.  More moet Daan reg wees vir ‘n golfie en ek vir my “pamper” . Na 23dae van bosmeisie wees, kan ek doen met bietjie TLC.
27ste Oktober                                    Pretoria
‘n Volle daggie in ons mooie Jakkaranda Stat.  Daan, Mike, Jos en Phili het gaan golf speel by Centurion Country Club.  Die Surrey Fivers sou trots gewees het op Daan, hy het ‘n goeie ronte agter die rug.
Ek en Ma Sarie het die hele dag saam spandeer.  Dit was wonderlik.  Ons het eers physio toe gegaan om my eina spiere en hoofpyn uit te sorteer.  Vandaar het ons Tramazini en slaai geeet saam met Pa Johan en heerlik gesels.  Ons het nie baie tyd gehad nie, soos wat dit maar altyd gaan as ‘n mens so min tyd in Pretoria het om alles ingepas te kry.
Ek het vir ‘n pedi en mani gegaan en ‘n mooi helder oranje rooi kleur gekies vir my hande en tone – reg vir Aussie!
Dankie tog vir lieflike Lina wat al ons wasgoedjies vir ons gewas en GESTRYK het. 
Vanaand was ons bederf met ‘n familie ete by die Van den Heevers.  Soos altyd – ongelooflike kos en baie lekker lag.  Ons het die aand vreeslik geniet.
28 Okktober
Laaste dag in Pretoors, was maar soos altyd besig en gejaagd, Oupa en Tannie Theresa gaan groet, ook gaan halloa en goodbye se vir Chrish en al sy blondes.  Vinnige lunchie saammet Ma Sarie en Phillie gaan maak by Isabellas in Brooklyn en toe ons weer sien, aandete op OT Internasionaal by Ocean Basket saammet Pa Johan en Ma Sarie (sushi was heerlik en heeltemal te veel).  Paar soentjies en drukkies later is ons knop in die keel op die vliegtuig. Ta- ta SA tot 21 Desember!