Search This Blog

Sunday, 7 November 2010

23ste Oktober

23 Oktober                                                           Maun na Moremi


Vroeg vroeg uit die vere en gelukig het Pa Dawie se blou druppeltjies die maagvirus tjop-tjop oorwin!  Terwyl Nelie en Pa ons goedjies begin pak en regkry vir Moremi, is ek gou in Maun toe om ons parkpermit en ‘n laaste paar goodies te gaan optel.  Die uitstappie het toe in ‘n toer van al Maun se garages, kafees en supermarket ontaard, na 90 minute en 6 stoppe  het ek uiteindelik ysblokkkies in die hande gekry!
Na ‘n lekker ontbyd het ons in die pad geval en spoedig by South Gate, Moremi aangekom.  Nog nooit in my lewe deur personeel ontvang wat met hulle voete op hulle lessenaar vir jou sit en kyk en instruksies gee nie, maar TIA (This Is Africa)  Eish! Moremi lyk toe heel anders as wat ons onself voorgestel het, daar is baie sand en as jy nie weet hoe om met jou 4X4 te werk nie, sal dit ‘n guaranteed nagmerrie wees!  Gelukkig het oom Gil op Maun my mooi  touwys gemaak en  het Rubberduck soos ‘n skip op water in 4 Low deur al die sand gevaar.  Dit beteken egter nie dit was nie ‘n uitdaging nie!  ‘n Game drive in die Moremi is nie ‘n game drive in die Kruger Wildtuin nie, die bestuurder kan nie vir ‘n oomblik ontspan nie, die passasiers hop op en af en die diere wonder seker hoekom hop hierdie karre so by hulle verby (by baie plekke kan mens nie stop om te kyk vir diere nie, want jy sal vasval).  So 3 ure later het ons ons eerste 50 km van Moremi sandpad afgehandel en sonder enige voorval by Third Bridge kampterrein opgedaag.  Hoe weet ons nie presies nie, want ons was veronderstel om by 1st en 2nd Bridge verby te gaan, maar vir hulle het ons nooit gesien nie!
By ons kampterrein nr10 aangekom – deur Pa Dawie gedoop 10 Downing Street, het ons gou besef, dat hier niks is nie, behalwe vir ‘n leeu wat iewers baie naby aan ons le en brul!  Bietjie senuagtig, het ons tent opgeslaan in 40 grade Celsius en genadiglik het dit laatmiddag bietjie koeler begin raak!  Nog ‘n game drive later het ons die leeu wat ons hoor brul het gaan soek en gevind, omtrent so 800m van ons tentjies af!  Gelukkig het ek en Nelie ‘n daktent!  Die aand heerlik gebraai en met ‘n nagkoor van dieregeluide vroeg vroeg ons tentjie getref.