Search This Blog

Tuesday, 30 November 2010

17de – 20ste November Naranga (Brisbane)

17de – 20ste November                          Naranga (Brisbane)
72 Cottonwool Street Naranga en die Grobler’s het ons verwelkom na nog ‘n lang dag op “Highway One” tussen Bundaburg en Brisbane.  Behalwe vir ‘n aftrek en blaastoetsie deur ‘n vriendelike Ozzie speedie (ek het seker bietjie dodge gelyk agter die stuuur van my magtige wit Camry) het ons rit sonder enige voorval verloop.  By die Grobler’s aangekom is ons baie gasvry ontvang deur Joe, Julz, Keaton, Zanelle en veral Bella (hulle 6 maande oue Labrador)  Na ‘n biertjie en wyntjie het ons gesmul aan Julz se tuisgemaakte Lasagne en vinnig, vinnig opgecatch op die 4 jaar wat ons mekaar nie gesien het nie.  Biertjies, wyntjies en toe Joe se spesiale 18 jaar oue brandewyntjie het gevloei en toe ons weer ons rooi ogies uitvee, was dit “way past our bed time”.
Die volgende oggend het ons gou met Bella gaan draf (arme Joe moes gaan werk!). Daarna is ons na die “Koala Sanctuary” in Brisbane, waar Nelie ‘n Koala kon cuddle en ek van ‘n Emu tot ‘n Kangaroo gevryf het, asook baie eksotiese voels en ander interessante diere soos ‘n plattepoes (nie seker oor die spelling nie - kruising tussen ‘n eend en ‘n bewer) gesien het.  Hierna was dit na Brisbane vir bietjie “shopping” in “Queen Street”, ‘n paar haanstertjies by Jimmy’s en toe heerlike Thai Kossies by Jay Budha op die Brisbane Rivier met ‘n pragtige uitsig oor “Story Bridge”.  Nog ‘n aand het verby gevlieg en na ‘n vinnige “cruise” op met die rivier (Brisbane is pragtig so van die water af) en ‘n skyfie Pizza vir die wus en die onwus en nog ‘n haanstertjie of 2 by Jimmy’s, moes Julie die 40 km na 72 “Cottonwool Street” aandurf, met 2 slapende passasiers in Joe en Nelie, en my met al my intiligente 2 uur in die nag gesprekkies om haar geselskap te hou. Well done Julz!
Die volgende oggend is ons wolkopperig op en in die karre op na Noosa toe, so uur en ‘n bietjie Noord van Brisbane, wat ‘n pragtige plekkie!  So ‘n kruising tussen Plett en Knysna, met ‘n ongelooflike mooi strand, blou water, pragtige winkeltjies en keurige eetplekkies.  Ons sal maklik weer daar kan vakansie hou!  Ons het heerlik saammet die kids in die see baljaar, lekker Sauvignon Blanc gedrink van die Malborough Region in New Zeeland en aan fantastiese kalamarie gesmul om ons ewige honger te prober stil.
Oppad terug het Joe ons met ‘n pragtige ompadjie na Montville geneem in die Glass House Mountains, waar ons kon uit tuur oor die ‘’Hinterland’’ en ‘n heerlike Cuppacino geniet het saamet ‘n ligte reentjie wat ons laat voel het of ons iewers in Switzerland in die Alpe sit en koffie drink.
Terug by die huis het ons lekker gebraai en na ‘n heel woelige 2 dae nie te laat in die kooi gaan kruip nie.
Na ‘n broodnodige laatslaap, het ons weer saammet Bella gaan draf – die woonbuurte in Australie is so voetganger vriendelik, ooral sypaadjies in parke vir die kids!)  Toe ‘n heerlike brunchie, bietjie siesta en terug na “Montville” om al sy klein “boutique” winkeltjies te gaan besoek (gister was als reeds toe, toe ons daar aankom).  Nelie het vir haar so paar souvenirs opgetel en ek ‘n heerlike dark Belgian chocolate brandewyn!  Terug by die Groblers het ons ‘n take-away Chinese gekap en met die wete dat ons kuiertjie na die einde se kant toe staan ‘n hond uit ‘n bos gesels tot ons ogies letterlik toe geval het.   Sondag oggend vroeg op, het ons hartseer gepak, terwyl ons gekyk het hoe Skotland, ou Snorre se Bokkke op Murrayfield verneder!  Met ‘n traan in die oog het ons vir almal totsiens gese en in ons witskip gespring opppad na “Byron Bay”.  Joe en Julz, baie dankie vir julle  gasvryheid, ons het heerlik gekuier en gaan julle al 5 baie mis!
Noosa

                                                       Die manne op ontbyt diens.
                                                Die spesiale brandewyn winkeltjie.

                                                In Montville voor die kersfees winkeltjie.


                                        Zanellie drink haar "Baby Cino" by "The Poetry House"
                                                        "Gold Coast" hier kom ons!

Tuesday, 23 November 2010

14de -17de November


14de November                                         Gladstone
Vandag was ‘n stywe endjie se ry.  Na ons vertrek het by Allawah, het ons die heerlike broodjie en avo en pampoen wors vir ontbyt gehad oppad.
Ons het letterlik gekies om te gaan duik by die  heel Noordste eiland  (Lizard Island) en die heel Suidste eiland (Lady Elliot Island).  Om dit egter te kon regkry moes ons oorslaap by Gladstone.
 Na 14ure op die pad, het ons veilig geslaap in ‘n Motel in Gladstone.  Nodeloos om te se, het ons  nie veel van Gladstone gesien nie, maar die asemrowende natuurskoon tot hier baie geniet en waardeer. Aussie is ‘n ongelooflike plek.  Ons het heelwat reen gekry oppad so ongelukkig sal geen foto die skoonheid kon vasvang nie.
“It’s time to get up, it is 6:30am” het ons Aussie foon se wekker ons vroeg vroeg herinner dat ons weer in die pad moet val.  Na so uur het ek besef my geliefde mediese kussing is mooi netjies op Gladstone se  Motel bedjie agterwee gelos.
Juis gister het Daan gese dat ons sover goed gedoen om nog niks nerens te vergeet het nie...  Goed betyds vir ons vlug na Lady Elliot by Bandaberg lughawe het ons gereel dat my kussing na Joe en Julie gekoerier word in Brisbane.  Let’s hope for te best!

15de-17de November                             Lady Elliot Island
Lady Elliot was gou gedoop as Lady Shmelliot!  Genugtig, die eiland is ongelooflik mooi, maar die reuk iets verskriklik.  Daar is ‘n kolonie voels wat op die eiland woon.  Dit is nou ongelukkig nie net vir die seeskilpaaie “nesting seson” nie, maar vir die hordes en hordes voeltjies ook...
Ingesettle in tent 9, het ons nie ‘n keuse gehad om gou gewoond te raak aan die voels se ruik nie.  Ons het juis die eiland gekies om manta rays en seeskillies te sien.  Binne ‘n uur het ons bewys dat ons gesertifiseerde PADI duikers is en ons nuwe duik maats ontmoet.
Hoe wonderlik, na ons eerste duik het ons ‘n seeskillie se dop gestreel  20m onder die see!  Manta’s was bietjie skaam die ronte.  Na ons al die kommentaar  oor die eiland op Trip Advisor gelees het, het ons nie te veel verwag van die kos en die diens nie, so ons was aangenaam verras met lekker kossies en vriendelike diens!    Voor slaaptyd het ons onder die maanlig, hand aan hand gaan stap en lekker gesels( baie romanties, soos twee hoerskoll verliefdes –hie,hie)
Die voels het ons vroeg uit die vere gejaag, reg vir ons duik.  Ons het weer “turtles” gesien, maar net t e ver om te streel.  Die duik was ongeloofllik, alhoewel die koraal nie so kleurvol is soos ons vorige duike op die GBR nie.
Die meeste mense gaan na die eiland toe om te snorkel.  Die website het die waarheid gepraat toe hulle gese het dat jy saam met rif haaie kan snorkel.  Ek verkies dit om hulle te sien saam met ander duikers en in my duikpak.  Ek en Daan het hulle gesien, opgekom vir asem,  gekyk en vinnig terug geswem!
Na ons die hele oggend in die oseaan spandeer het, het ons met ons nat lywe ‘n  yskoue “Hahn” geniet by die bar.  Hahn was die bier van die uitstappie, aangesien dit die half prys bier was.
Na ‘n heerlike middagslapie en ‘n ronte tafel tennis het ek weer my stink see “booties” aangetrek, reg om vir oulaas die seeskilpaaie te gaan soek.  Na ‘n uur se gesnorkel – stroom op, het Daan hulle vir my gekry.  Daar was drie van hulle en net ons.  Dit was een van die wonderlikste ervaringe ooit.  Hulle het ‘n rukkie geneem om ons te vertrou, maar daarna was hulle so mak soos lammetjies.
Hulle kon nie genoeg kry van ons nie.  Sodra jy hulle ophou krap op hulle doppe en onder hulle lyfies, lig hulle, hulle pootjies op en maak oogkontak.  Terwyl ons met hulle speel, “snack” hulle aan klein jelly vissies wat verby swem.  Na nog ‘n uur moes ons hulle groet en terug swem strand toe.
Ons het lekker geeet en nuwe mense ontmoet.  ‘n Franse paartjie, twee kerels van Engeland en dan ook David Pocock (die welbekende flank van Australie) se ouers.
Na ete het ons ‘n botteltjie rooiwyn bestel en op die strand, onder die sterre hemel,  gaan le en gesels oor al ons drome en ideale.
“Lady Shmelliot” se reuk het ons gewoond geraak en het die twee dae baie geniet.  Hoe kan ek vergeet... ons twee rugsakke het agter wee gebly voor ons tent.  Daan het 2 keer gaan vra of hulle ons bagasie voor die kamer gevat het en op die klein vliegtuige gelaai het.
Nodeloos om te se het ons passasiers by ‘n ander lughawe afgelaai en besef dat ons twee rugsakkies nie op die vliegtuig is nie.  Ons loods het vinnig op sy voete gedink en gereel dat hy met die volgende vlug die sakke vir ons na die lughawe sal neem, sodat ons nadat ons, ons motor- met al ons res van ons besittings in die kattebak, kan kry en in die pad val. 
Ons het op die ou einde, hoogstens ‘n half uur verloor en voor donker by Joe en Julie aangekom.




Saturday, 20 November 2010

11de – 14de November Allawah Retreat, Tolga, Atherton Tablelands

11de – 14de November                                Allawah Retreat, Tolga, Atherton Tablelands
Na ons besige duikekspidisie was 3 dae by Allawah net wat ons nodig gehad het!  Die Tablelands, is ‘n area so 80 km Suid van Cairns, waar bergagtige tropiese reenwoude, groot vlaktes ontmoet, met ‘n resultaat natuurlik ‘n ongelooflike mooi uitsig!  Ons chaletjie was dan ook teen ‘n koppie, met ‘n pragtige uitsig.  Die Jacuzzi op die patio het natuurlik die uitsig soveel mooier gemaak.  Vir 3 dae het ons nie veel beteken nie, DVD’s gekyk, laat geslaap, gejacuzzi en heerlik gebraai op die weber. 
Die weer was ook bietjie renerig, wat die hele ervaring net soveel meer romanties gemaak het.  Ons het darem een uitstappie gehad, na die plaaslike groente en vrugte delicatessen, drankwinkel  en slaghuis!  Heerlik ontspan, koerant gelees en bietjie ingehaal op ons blog.  Ons het ook twee keer gaan draf, nogals harde werk, aangesien die laaste kilometer styl opdraand was!  Daar was gereeld kangeroos op ons draffies asook 2 baie oulike possums wat ons elke aand kom besoek het.  Hulle lyk baie soos oorgroot nagapies en is ookal nogals rats in die bome!
Peter en Trish, die eienaars van die “Spa Resort”, het ons elke oggend bederf met ‘n klein vars gebakte broodjie in ‘n mandjie.  Peter het dit afgelewer met sy 4 wiel moterfiets.  Ons het die heerlike broodjie geniet  saam met Trish se tuisgemaakte “passion fruit jam”.
Ons verruil die paar lui lekker dae vir niks nie!!


Thursday, 18 November 2010

8ste – 11de November Spirit of Freedom “Great Barrier Reef”

8ste – 11de November         Spirit of Freedom “Great Barrier Reef”
Live aboard!  Ons eerste live aboard ervaring ooit en dit nogalS op die “Outer Great Barrier Reef”.  Ons het vertrek vanaf Cairns hawe en sommer vinnig vinnig die mede duikers en “crew” leer ken.  Mossy was die dive master en Phil (Elvis) sy regterhand.  Meg was ons gasvrou en dan was daar nog, ninja Norri, Claire, Chris en baie belangrik ons kok Andrew.
Die program was baie eenvoudig  duik, eet, duik, eet vir ‘n totaal van 12 duike en 15 etes in drie dae!  Ons weet nie wat was die lekkerste nie, die kos of die duik?? 
Aand een het ons die 250km noord vanaf Cairns op die GBR aangevat na Ribbon Reefs nege en tien.  Die see was bietjie rof en het nie baie goed met onse Neel geakkomodeer nie.  Na die tweede duik het ‘n oorpyn ook vir duiker Daan gekniehalter!  Maar daar is niks wat ‘n snytjie droe brood, ‘n paar seesiek pilletjies en” Mossy’s magic eardrops” nie kan uitsorteeer nie.  Die volgende oggend was ons weer die kat se snor!
Ons het tussen die kleurvolle koraal, skole vis, hier en daar ‘n haai en seeskilpad, die riwwe heerlik verken.  Wat ‘n voorreg!!! 
Na die duik (en saam met ietsie lekkers te ete)  het ons heerlik saam met al ons nuwe maats gelag vir die Brazilianers.  Nie net kon hulle nie Engels praat of verstaan nie, maar die koddige vroutjie was HEELTYD seesiek en haar man was die eintlike “clownfish” op die reef (boyensy non existant!)
Dan was daar ook Karen Rosenkranz, ons verneem dat sy van Duitsland is, maar is bereid om geld te waag op Mars.  Buiten Mars en Brazilie was die res van die duikkroos so ‘’normaal’’ soos ons –hie hie!  Ons het vet pret gehad en veral lekker gekuier saam die twee “kaaskoppies” Daisy en Twan, ons “dive buddy” Robbin, Remmie die Fransman en uncle Dave die grootmond Amerikaner.  Dan was daar ons Jackie en haar man, Paul en Chiang en Xavier en sy vrou.
Ons kan nie genoeg uitgepraat raak oor die vriendelikheid en professionaliteid van die bemanning nie!  Het dit al reeds genoem, maar die groente en vrugte in Aussie is uit ‘n ander wereld.  Meg het rondgeloop en ons bedien met ‘n “fruit platter” – to dive for!!
Ons cabin (jammer Pa Johan, ons weet nie wat is die Afrikaanse woord nie) was bo verwagting gerieflik.  Lekker dubbel bedjie, heerlik koel en en-suite.
As mens na ‘n duik oor die see uitgetuur het, besef mens hierdie tipe geisoleerdheid is uniek, ons het dit ook in Namibie endie Moremi beleef, maar net nie in soveel luuksheidheid nie.
Met soveel passie vir die koraalrif en sy ekosisteem het Mossy ons ervaring, nie net veilig nie, maar ook opvoedkundig gemaak.  Ons duikhoogtepunte was sonder twyfel die nagduik saam met Robbin (hy het twee flitsligte gehad, wat Ingwelala se “spot light” na niks laat lyk nie) nodeloos om te se het al wat ‘n roofvis was die lig gebruik om te jag en Daan het gedink dit is net ‘n kwessie van tyd voor een van die Giant Travelli’s, Tuna of Barracuda een van sy ledemate vir ‘n apperatief sou aansien.  Dan was daar natuurlik ook ‘n reuse Logger Head Turtle en ‘n paar “ Reef Sharks” om ons te laat wonder ...
‘n Ander hoogtepunt was ons laaste dag se duik in die “COD HOLE” ‘n wereldberoemde duik plek naby Lizard Island.  Hier het ons reuse “Potato Cods” gevoer en soos ons video sal wys, was hulle grooter as die haaie in die omgewing.  Wat ‘n ervaring!
Ons het ons tydjie op die Spirit of Freedom afgesluit met ‘n ware Aussie BBQ.  Kangaroo, swaardvis, sirloin steak en hoender. Bykosse was, mielies, aartappel slaai, prawn en avo slaai, griekse slaai en heerlike vars gebakte brood.  Dit alles moes ons afsluk met heerlike Shiraz van Wes-Australie.  Al hierdie kos en die geselsies van ons nuwe duik vriende sal ons vir altyd bybly.
Ons laaste oggend het ons vroeg afskeid geneem van die Spirit en sy bemanning en met ‘n knop in die keel ‘n pragtige vlug vanaf Lizard Island terug na Cairns geneem.
Dit was asembenewend om die see, koraalriwwe, wit strande en donkergroen reenwoude in mekaar te sien weef, Noord-Oos Australie is pragtig!

                                                              Sonsondergang na 'n duik.
                                                                    Duikspan A
                                                                       Spirit of freedom
                                                                        Lizard Island
Ons vliegtuig van Lizard Island na Cairns.

                                                                   "Amazing!!"

Saturday, 13 November 2010

Port Douglas 5 -9 November

Port Douglas 5 -9 November
Na nog ‘n vlug, die keer van Melbourne tot by Cairns, het ons vroegmiddag met weereens ‘n Toyota (die Ausies en Hertz is mal oor Toyota’s) die keer ‘n Corolla, by pragtige Port Douglas aangekom.  Ons het nie regtig geweet wat om te verwag van Parrot Fish Lodge nie – ons enigste “Youth Hostel” op ons trippie in Oz!  Ek weet ons is al bietjie laaank in die tand, maar ons was darem ingelaat, seker omdat ons nie in ‘n dorm bly nie, maar in ons eie en-suite.  Gelukkig is Parrot Fish Lodge in die hartjie van die dorp, stapafstand vanaf alles, so baie gerieflik.
Port Douglas is ‘n pragtige plekkie, baie soos Keurbooms, maar met Knysna se Waterfront – weet nie of dit sin maak nie... Getrou aan tradisie het ons heerlik geeet, Baramundi (plaaslike vis), Bugs(tipe baie lelike maar lekker prawn) Calamari, Pizza, slaaie en nog vele meer.  Hoogtepunt was ons laaste aand by Salsa, waar die seekos ongelooflik was en die nagereg, ‘n butternut crème brulee met een of ander sjokoladeneut roomys, was heel moontlik die lekkerste nagereg wat ek al in my lewe geproe het! Ons het ‘n fototjie geneem, miskien kan Phillie dit probeer namaak.
Vir al die eet, was ons darem ook aktief, 2 keer lekker op die strand geoefen en een keer het ek en Nelie nie net die dorp plat gery met ons huurfietsies nie, maar ook die baie bekende“4 mile beach” kaf getrap.  Nie net was dit ‘n baie goeie “workout “nie, maar dit was ook baie mooi, een van die min plekke waarvan ons weet, waar mens op die strand kan fietsry!
Ons het ook ‘n dagtrippie na die Daintree reenwoud en Cape Tribulation gedoen.  Hier het ons ‘’Tree Surfing’’ in die reenwoud gedoen.  Basies met harnasse tussen hoe bome op kabels gly, dit was baie pret, ons het heerlik gelag en hier en daar het hoogtevrees bietjie ingeskop.  Dit was ongelooflik om tussen 1000 jare oue bome te hang en uit te kyk oor berge en die see!  Cape Tribulation is ‘n Backpackers dorpie, met ‘n paar lodges en kampplekkies, herinner verskriklik baie aan Natures Valley.
Getrou aan tradisie, het die youngsters in ons hostel gekattermaai tot baie laat op aand 1 en ek en Nelie het toe maar op aand 2 besluit ‘’if you can’t beat them, join them’’.  So het ons na ons Pizzatjie by Ratlles bietjie begin ‘’Pub Crawl’’ en so teen middernag opgeeindig in The Iron Bar, waar Nelie iemand se dansskoene geleen het, en ek baie gesukkel het om haar teen 02.00 van die dansvloer af te kry!  Getrou aan tradisie het ons ‘n kebab gekry oppad huistoe, weet tot nou toe nie of dit gewerk het of nie!
Port Douglas was ongelooflik lekker, die dorpie het baie karakter, pragtige natuurskoon en ‘n heerlike swemstrand, ek sal vir enige besoeker aan die Australiese Noordkus aanbeveel om daar te gaan draai!
                                            Daan het die "bugs" probeer -yummy!

                                          Uitkykpunt oor Port Douglas se "4 mile beach".

.                                                             Pub Crawl Galore!
                                                   ''Tree Surfing'' in die Reenwoud!

Friday, 12 November 2010

1ste - 5de November Melbourne

1ste -5de November Melbourne
Ons het 10:45am vertrek vanaf Perth en  17:15pm arriveer in Melbourne.  Perth : SA 6/7 ure gewen, Perth: Melbourne nog 3 ure gewen.  Net genoeg om twee Van den Heevertjies se slaappatrone lekker deurmekaar te maak.
Ons het dadelik verlief geraak op Melbourne.   Dit laat ons vreeslik dink aan San Francisco, net mooier en skoner. 
Ons kan nie genoeg dankie se vir oom Abie en Tannnie Yvette nie.  Hulle was so onsettend gasvry om vir ons hulle woonstel ,in die hartjie van Melbourne, se sleutel  by die concierge’s te los, terwyl hulle vakansie hou in Suid-Afrika.
Ons GPS het ons sonder enige mooite voor hulle woonstel blok laat stilhou in Port Melbourne, Rouse Street.   By die concierge kry ons toe ‘n mooi rooi boksie wat op staan, Abie en Yvette Spies.  Soos tannie Yvette in haar e-pos vir my gese het “Ons is no. 91 op die 9de vloer.  Daar is twee torings.  Ons is toring no. 95.
Ongelooflik!!! Ons moes onsself knyp om te kan glo wat ons sien.  Net vir onsself,‘n panoramiese uitsig oor die see en ‘n beeldskone snoesige woonstel vir 4 dae.
Die mense in Melbourne is baie aangenaam.  Die kwaliteit van die vrugte en groente is ongelooflik.  Tannie Yvette het vir ons appels in haar oulike olifant vrugte bak gelos.  Daan het geskrik toe ek ‘n appel vat en begin eet –hy het duidelik gedink dit is net vir die mooi en nie om te eet nie.
Ons het vreeslik uitgesien om mekaar aantevat vir ‘n potjie tennis, maar ongelukkig was ons “timing” uit tussen al ons ander aktiviteite en die weer.  Ons het wel bietjie gaan gym en ‘n onsself uitasem geswem – swempet  en swembrille, die hele spul.
Dit is so moeilik om uittesonder wat om te doen elke dag.  Een van ons hoogtepunte was “Great Ocean Road”.  Victoria se bekende suid-westelike kus roete.  Daar was net een probleempie... die moegheid het ons oorval.  Na ons brunch (2:30pm), oesters, kalamarie en ‘n glasie champers moes ons eers bietjie rus.
Ons het afgetrek by ‘n Spa Hotel en ongelukkig nie in die hotel nie, maar onder ‘n boom ons Camry geparkeer, die sitplekke agtertoe geslaan en vir 50 min ‘n “power nap” gevang.  Uitgerus het ons die beeldskone natuur van die kusroete baie geniet.  Ons het ‘n koffiewinkeltjie gesoek om by stil te hou in die reenweer, maar te vergeefs weer opgeeindig in ‘n resturant/bar met ‘n glasie rooiwyn.  Die “locals” het ons vermaak met hulle uitrustings van die Melbourne Cup en hulle musiek smaak.
Die volgende oggend, was ons so 20 toeriste  wat in ‘n bussie die Yarra Vallei se pragtige wynlande besoek het.  Die Yarra Vallei is so uur se ry, Noord-oos van Melbourne.
Ons het 4 wynlande besoek waarvan twee “Boutique wineries”  was.  Ons was bederf met ‘n lieflike middagete by “Rochford”.  Ons het salmon gehad met smaaklike aspersies.  Rochford het ‘n klein gallerytjie en ‘n oulike winkeltjie.  Wie het al ooit gehoor van ‘n Pinot Noir seep?  Hulle is ook bekend vir hulle opelug konserte langs die wingerde.  Onderandere het Nora Jones al daar opgetree.
Nadat ons heerlik vino geproe het en geslaap het oppad terug in die bussie het ons bietjie in Port Melbourne rondgeloop.  Daan het besluit dit is nou tyd vir ‘n haarsny en ek het my eerste ThaI massage gehad.  Die massering was lieflik en ‘n hele uur lank.  Daan was fluks en het bietjie langs die see gaan draf vir ons part.
Gou deur die stort gespring , reg om vir Maggie en Tom te kry vir aandete in St Kilda.  Dit was so lekker om weer vir Maggie te sien .  Dit gaan baie goed met haar en Tom in Melbourne.  Ons het by ‘n buzzing plekkie geeet en heerlik gekuier.  Ons sal mekaar gelukkig weer in Plett sien, aangesien ek vergeet  het om ‘n foto te neem tussendeur al ons geselsies deur.
Verder het ons die “City Tram” geneem wat reg rondom die stad ry.  So het ons ook bietjie  langs die rivier gaan stap en al die mooi geboue bewonder.  Alles is so skoon en rustig, ek moet se ‘n mens kry glad nie die stads gevoel in Melbourne nie.
Ons het oor die hele Melbourne uitgekyk vanaf die Eureka Tower se 88ste vloer.  Ons het  vandaar bo gesien dat daar krieket gespeel word by MCG – Aus teen Sir Lanka.  Ons het rustig aan cappuccino gedrink en ‘n paar poskaartjies geskryf.  Die poskaarte daar en dan gepos vanaf die hoogste posbus in Aussie.
En so is ons tydjie in Melbourne ook nou verby.  Ons neem net goeie herinneringe saam met ons en hoop om eendag weer hier te kan uitkom. 
                                           
                                                                          Oesters en Champers by die Waterfront



                 Great Ocean Road


            Melbourne City

                                           Yarra Valley

Tannie Yvette en Oom Abie se mooi uitsig.
                                     



29 Oktober tot 1 November Perth Australie!

29 Oktober tot 1 November Perth Australie!
Good day mates!
Na ‘n heerlike vlug van omtrent 10 ure het ons vars en vrolik vir die eerste keer met die Australiese kontinent kennis gemaak.  Eerste indrukke is blywend en ek moet se van die mense by Hertz tot Vodafone en Doeane beheer, was almal baie vriendelik en georganiseerd.  Vinnig, vinnnig het ons ons ‘’hope’’ bagasie in ons Toyata Corola gelaai, (hy het net 20km op die klok gehad) en die pad gevat na At en Vanessa waar ons die volgende 3 aande sou bly.  Perth het 2 miljoen mense en is baie uitgestrek en At –hulle bly in ‘n baie nuwe gedeelte heel Noord oppad na Joondalup, genaamd Butler, naby Quins Rock (dink dis reg).  Ons het sommer van die lughawe kuslangs gery en dit is baie mooi!
Weet nie waar kom die ‘’Bloemfontein by the sea’’ ding vandaan nie, want natuurskoon, woonbuurte en netheid van die stad kry by ons baie hoe ratings.  Veilig by Cronje’s aangekom het ons hulle oulike dogtertjies Jana en Mini (Mingion) ontmoet en opgecatch na die baie lank nie sien nie.  Tannie Hilda het ons kom join en na ‘n sundownertjie by die plaaslike seilklub het ons die eerste van 3braaie in 3dae in Perth gehad.  Lekke gejetlag het ons na ‘n paar Jamesons in die bed gespring, want more oggend is kerkbezaar in Perth!
Lekker laat geslaap en uitgerus, het ons by die bazaar uitgekom, laat ons baie dink aan SA Gemeente Londen se dankfees.  Heerlik gepannekoek, face paint en biltong, kan sien hier is ‘n baie groot SA gemeenskap, dink dit is great vir  nuwe mense wat pas die groot besluit gemaak het om te emmigreer.  Hierna het At ons gaan wys hoe lyk die stad.  Baie beindruk!  Modern, pragtig met die ouer Victoriaanse boustyle gemeng, alles baie netjies en pragtige bome en baie mooi rivier (die Swan River) om alles af te rond.  Blykbaar is mynbou besig om te "boom" in Wes Australie en dit is duidelik sigbaar aan die geboue, huise en karre (asook pryse van alles) in Perth.  Na ‘n drankie op die Swan se Noord oewer, is ons na Kings Park, ‘n botaniese tuin, met pragtige uitsigte oor Perth na alle kante.  At het fotos van ons geneem dat dit bars! Dankie At!  Dit was heerlik.  Vanaand was dit Halloween Party, ek en At het as myner 34 en 35 van die Chillie mynramp gegaan, dit was ook Curriebeker finaal – WP alweer cechoke!  Klomp van die Cronje’s se nuwe vriende ontmoet en baie lekker gekuier.
Volgende oggend was dit tyd vir nog ‘n Suid Afrikaanse girl se verjaarsdag (sorry, het haar naam vergeet) Dit was piekniek in Yanchep National Park, waar ons ons eerste Kangaroos en Koalas gesien het.  Hier het ons ook besef dat vliee ‘n moerse probleem in Perth is! Hel hulle het my gelove!  Lekker boerworsrolletjies geeet en nog ‘n klom Zaners ontmoet.  Ons is seker At en Vanesse sal baie goeie pelle hier kan maak. Na Piekniek is ons vinnig strand toe vir ‘n Sundowner en besef dat ons more oggend vroeg moet vlieg.  Voor aandete het Nelie besluit om bietjie te gaan draf... ‘n uur en 10 minute later het ek begin dink sy het verdwaal en nog so 10 minute later het ‘n benoude stemmetjie my op ons UK foon gebel met die versoek dat ons haar asb by die plaaslike kroeg moet kom oplaai.  Dit was vrek snaaks, maar ek het darem nog my klein Nolie!  Hel, ons het lekker gekuier in Perth, maar dit was bitter vinnig verby.  Aan At en Vanesse en Tannie Hilda wil ons net baie dankie se vir jul ongelooflike gasvryheid.  Ons vertrou julle sal baie gelukkig wees in Perth en hoop om julle volgende jaar by die RWC te sien.

Perth


Mienie by die kerkbazaar

Daan en At by 'n oulike plekkie op die Swan rivier

                                                   Uitkykpunt vanuit die Botaniese tuine
                                           Vonny, besig om vir Daan optemaak vir Halloween.
 
                                                         Piekniek saam met die Cronje's.
                                                          Ons eerste Kangaroo's in Aus.
 

26ste-28ste Oktober

26ste Oktober                                   Gweta Lodge na Pretoria
Ons het besluit om by Francis Town ‘n brunch by die Wimpy te eet.   Ons was baie beindruk met Francis Town en sy mense.  Almal vreeslik vriendelik en baie netjies aangetrek.  Alles het vinnig en maklik gegaan by Martin’s Drift grenspos.  Terug in Suid-Afrika – wat ‘n mooi land!
Ons het by ‘n padstal gestop waar Pa Dawie het vir ons heerlike soet perskes gekoop het, en ek vir oulaas mooi galant moes hurk lanks ou KEA.   Ons was gedruk vir tyd, aangesien ons vir KEA hulle 4x4 moes teruggee vandag.
Soos wat ons almal vir Daantjie ken, het hy gereel dat ons eers 8 uur die kar kon teruggee.  Ons het vir Pa Dawie by die huis gaan aflaai en gegroet na ‘n fantastiese tydjie saam.  Daan het vir my en al ons vuil wasgoed by die Van den Heever woning veilig gaan aflaai en deurgeskiet Kempton toe.
Ons het baie probleme gehad met ons KEA 4x4, maar hy het soos ‘n droom gery en ons is dankbaar dat ons veilig terug is in Pretoria na soveel km’s.
Ek, Ma Sarie, Phili en Lezaan het saam met die hondjies gaan stap.  Wat ‘n lieflike aand,  Pretoria het darem maar net die beste weer.
Mike en Daan het ‘n biertjie gedrink by die huis nadat Mike vir Daan kom aflaai het.  Pa Johan het ongelukkig vir werk oorgeslaap en ons nie kom vergesel met ‘n heerlike ete aan tafel nie.  Ons mis die saam sit aan tafel as familie vreeslik daar in London. 
Uitgeput en doodmoeg het ons in die kooi gaan klim.  More moet Daan reg wees vir ‘n golfie en ek vir my “pamper” . Na 23dae van bosmeisie wees, kan ek doen met bietjie TLC.
27ste Oktober                                    Pretoria
‘n Volle daggie in ons mooie Jakkaranda Stat.  Daan, Mike, Jos en Phili het gaan golf speel by Centurion Country Club.  Die Surrey Fivers sou trots gewees het op Daan, hy het ‘n goeie ronte agter die rug.
Ek en Ma Sarie het die hele dag saam spandeer.  Dit was wonderlik.  Ons het eers physio toe gegaan om my eina spiere en hoofpyn uit te sorteer.  Vandaar het ons Tramazini en slaai geeet saam met Pa Johan en heerlik gesels.  Ons het nie baie tyd gehad nie, soos wat dit maar altyd gaan as ‘n mens so min tyd in Pretoria het om alles ingepas te kry.
Ek het vir ‘n pedi en mani gegaan en ‘n mooi helder oranje rooi kleur gekies vir my hande en tone – reg vir Aussie!
Dankie tog vir lieflike Lina wat al ons wasgoedjies vir ons gewas en GESTRYK het. 
Vanaand was ons bederf met ‘n familie ete by die Van den Heevers.  Soos altyd – ongelooflike kos en baie lekker lag.  Ons het die aand vreeslik geniet.
28 Okktober
Laaste dag in Pretoors, was maar soos altyd besig en gejaagd, Oupa en Tannie Theresa gaan groet, ook gaan halloa en goodbye se vir Chrish en al sy blondes.  Vinnige lunchie saammet Ma Sarie en Phillie gaan maak by Isabellas in Brooklyn en toe ons weer sien, aandete op OT Internasionaal by Ocean Basket saammet Pa Johan en Ma Sarie (sushi was heerlik en heeltemal te veel).  Paar soentjies en drukkies later is ons knop in die keel op die vliegtuig. Ta- ta SA tot 21 Desember!

Sunday, 7 November 2010

24ste Oktober

24 Oktober                                                      3rd Bridge Moremi
Vroeg op!  Nie my en Nelie se sterkpunt nie, maar tussen die son en al die voelgeluitjies is daar geen keuse nie!  Boonop is ons nou al gesoute campers en in roetine!  Vanoggend is dit uit op Third Bridge se splinternuwe bootroete in die Delta.  Organ (weet nie of hy na ‘n orgaan of kerkorrel vernoem is nie) is ons kaptein en guide en het ons op ‘n fantastiese 3 ure (ons het net betaal vir 2!) bootrit geneem, na plekke waar daar nog baie min mense was.  Soos reeds vroeer genoem, is die voellewe in die Delta ongelooflik en vanoggend was geen uitsondering nie!  Giant King Fishers, Mini King Fishers, African Darter(Organ se favourite en verbeel maar net hoe hy dit se!) Maraboe’s, hel, weet nie watter voels alles nie, ongelukkig het ons net Engelse name, maar dit was ongelooflik!  Tussendeur so paar painted reed frogs (geverfde riet paddas?) en ‘n familie of 2 seekoeie, wat byna ons bootjie getiep het toe hulle direk voor ons uit die water verreis het!  Dit was heerlik.  Ons het gestop vir koffie by ‘n klein eilandjie waar minstens 4 soorte voelspesies in 1 boom broei, mens kan letterlik aan die voels vat, hulle ken nie mense nie!   Nelie het ook gesorg dat ons ‘n klein African Darter uit die kloue van ‘n honger baber red!  Hierdie was definitief die plek op Aarde waar ons tot dusver die mees afgesonder van die menslike saamelewing gevoel het, great om te weet daar is nog sulke plekke wat goed bestuur en onderhou word.
Net na middagete het ons vir ‘n game drive na Xhakanaxha, ‘n ander kamp in die Moremi , gegaan met die hoop om ‘n foonkaart in die hande te kry om my Ma geluk te wens met haar verjaarsdag en vir Wies te bel in die hospitaal.  Die rit was baie opwindend, want ons het in totaal 4 water kruisings gedoen, waar ek en Pa Dawie moes uitklim en die diepte van die water toets.  Nelie was aan stuur en moes ons instruksies streng navolg – sy het baie goed gedoen.  3 Ure later, na vele ompaadjies – byna geen pad aanwysings in die Moremi nie- het ons by Xhakanxha aangekom, net om weer ‘n ‘’Eish, sorry, I am busy resting can’t you see...’’ te kry van die een met haar voete op die lessenaar.  Die pad terug het darem effens makliker gegaan en ons het begin vuur maak vir ons laaste braai in die bos en heimwee het beina begin inskop!  Soos altyd heerlik geeet, pap, wors, steak, slaai en braaibroodjies, heeltemal te veel, maar so lekker! (Hoe bly is ek nou oor my 2 weke se dieet voor ons trippie!)  Gelukkig het koning leeu ons ook met ‘n brul (gelukkig hierdie keer bietjie verder) gegroet en net weer laat besef dat Afrika diep in ons harte le!

23ste Oktober

23 Oktober                                                           Maun na Moremi


Vroeg vroeg uit die vere en gelukig het Pa Dawie se blou druppeltjies die maagvirus tjop-tjop oorwin!  Terwyl Nelie en Pa ons goedjies begin pak en regkry vir Moremi, is ek gou in Maun toe om ons parkpermit en ‘n laaste paar goodies te gaan optel.  Die uitstappie het toe in ‘n toer van al Maun se garages, kafees en supermarket ontaard, na 90 minute en 6 stoppe  het ek uiteindelik ysblokkkies in die hande gekry!
Na ‘n lekker ontbyd het ons in die pad geval en spoedig by South Gate, Moremi aangekom.  Nog nooit in my lewe deur personeel ontvang wat met hulle voete op hulle lessenaar vir jou sit en kyk en instruksies gee nie, maar TIA (This Is Africa)  Eish! Moremi lyk toe heel anders as wat ons onself voorgestel het, daar is baie sand en as jy nie weet hoe om met jou 4X4 te werk nie, sal dit ‘n guaranteed nagmerrie wees!  Gelukkig het oom Gil op Maun my mooi  touwys gemaak en  het Rubberduck soos ‘n skip op water in 4 Low deur al die sand gevaar.  Dit beteken egter nie dit was nie ‘n uitdaging nie!  ‘n Game drive in die Moremi is nie ‘n game drive in die Kruger Wildtuin nie, die bestuurder kan nie vir ‘n oomblik ontspan nie, die passasiers hop op en af en die diere wonder seker hoekom hop hierdie karre so by hulle verby (by baie plekke kan mens nie stop om te kyk vir diere nie, want jy sal vasval).  So 3 ure later het ons ons eerste 50 km van Moremi sandpad afgehandel en sonder enige voorval by Third Bridge kampterrein opgedaag.  Hoe weet ons nie presies nie, want ons was veronderstel om by 1st en 2nd Bridge verby te gaan, maar vir hulle het ons nooit gesien nie!
By ons kampterrein nr10 aangekom – deur Pa Dawie gedoop 10 Downing Street, het ons gou besef, dat hier niks is nie, behalwe vir ‘n leeu wat iewers baie naby aan ons le en brul!  Bietjie senuagtig, het ons tent opgeslaan in 40 grade Celsius en genadiglik het dit laatmiddag bietjie koeler begin raak!  Nog ‘n game drive later het ons die leeu wat ons hoor brul het gaan soek en gevind, omtrent so 800m van ons tentjies af!  Gelukkig het ek en Nelie ‘n daktent!  Die aand heerlik gebraai en met ‘n nagkoor van dieregeluide vroeg vroeg ons tentjie getref.