Search This Blog

Wednesday, 6 October 2010

5de Oktober 2010

Die Van den Heevers was fluks vanoggend.  Ons het gaan draf in die stofpaaie van Klein-Aus.  Sjoe, die hitte is bietjie anders as wat ons aan gewoond is.  Soos wat ons uitstap na die ontbyttafel sien ons, ons regter agter band is heeltemal pap.  Daan se moed het in sy skoene gesak!

Kea se “compressor” het nie veel beteken nie, maar gelukkig het ons vir Willem.  Syne het ons band opgepomp om tot by Luderitz te kan ry.  Oppad na Luderitz het ons die Wilde Perde van Garub langs die pad gekry.  Wow, dit was pragtig om die wilde perde te kon sien. 

Al die fotograwe het fotos van die perde en landskappe uitgeruil terwyl Daan vir ons ‘n yskoue Savannatjie, met ‘n suurlemoen, in die hand gestop het.  Ongelukkig het KEA se 4x4 ons weer in die steek gelaat toe my liefste man prober omdraai het.  Gelukkig het ons “walkie talkies” en het “Rubberduck” vir “Mother Goose” en “Ruiter in Swart” ontbied vir hulp.

Ons is daar uit met stofwolke en die reuk van ‘n gebrande koppellaar.  Ons se ook dankie vir die ooms en tannie van Naboomspruit wat hand by gesit het.

Ons het darem veilig gearriveer in Luderitz by ons gastehuis “ Kratzplatz”.  Ons het heerlike champers en “oesters van Luderitz” geniet, terwyl ons lekker gelag het vir al die avonture van die dag.  Daan het ook lekker saam gelag, maar kan nie wag vir sy nuwe KEA 4x4 wat hy hopenlik more sal kry nie.  Nodeloos om te se, die koppellaar het dit toe nie gemaak nie.