2de Oktober:
Pa Johan het ons hartlik ontvang in die MOEDERLAND. Ons het ons Nissan Double Cab by Kea gaan optel. Natuurlik eers na ‘n elle lange verduidelikings sessie. Daan het vir ons, ons daktent binne etlike sekondes kon opslaan. ‘n Ou Voortrekker!!
Ons het heerlik gekuier by Ouma Sally en Oupa Ge hulle. Wat ‘n wonderlike voorreg om nog saam met die oupas en oumas te kan kuier.
Vandaar het ons na die Van den Heever woning gegaan om die Bulle te ondersteun saam met Pa Dawie. Die Bulle het oudergewoonte vir Province in ‘n spannende stryd gewen (Soos Naas se, die Currie Beker word nie in Mei gewen nie ).
Na ons gou vir Ma Thea en Willem gegroet het, het ons saam met Jaco en Ellenore na “Tasha’s” in Brooklyn Square gegaan en lekker saam met al die vriende gekuier. SA behandel almal baie goed. Almal is aan die draf en lyk baie gelukkig. Mike, Tanya, Stephan, Nina, Masie, Mel, die Vermeulens en Fam, dankie vir ‘n heerlike gesellige aand. Goeie vriende is goud werd!!
3de Oktober:
Vroeg op, rooi ogies en laaang gape later het Ma Sarie se koffie en lekker beskuit ons uit die kooi uit. Ons het net voor ons wou vertrek gesien dat ons nie een nie, maar twee “slow punctures’” het. Al wat ons kan se is Wes-Transvaal se paaie is super k..! Niks soos ‘n lekker SA Wimpy nie (Lichtenburg), paar keer wiel pomp en toe uieindelik op Upington. By ‘n baie lekker gastehuis op die Oranjerivier se oewer ingebook en toe heerlik by Le Must geeet, my Pa het ons vermaak met sy gebakte skaapkop. Smiley soos hy gedoop is, het heeltyd vir ons ge ’’smile’’, terwyl my Pa heerlik aan hom gesmul het. Die mense op Upington is baie vriendelik en praat almal Afrikaans.
4 Oktober
Vroeg uit die vere om punctures te laat regmaak, toe heerlike ontbyd, kar gaan oplaai, lekker biltong en droewors by slaghuis en driepoot vir Nelie gaan koop. Weer heerlik met al die locals gesels en toe’s ons in die kar – 120km Ariamsvlei (Namibie se naaste grenspos aan Upington) toe! Alles het lekker maklik en vinnig by die grens gegaan, volgende stop Karasburg vir middagete. Het lekker Steers of so iets in gedagte gehad (lyk soos ‘n groterige dorp op die kaart), maar al wat ons toe daar kry, was so ou halwe SPAR en ‘n moerse kwaai ongeskikte polisieman, wat my R150 beboet, omdat ek aan die verkeerde kant van die pad parkeer(ek mag daar parkeer, maar my neus wys in die verkeerde rigting! ) Nodeloos om te se, het ons nogals ‘n seen opgeskop, maar alles verniet, Die polisieman is obviously bitter en jaloers op toeriste, nie ‘n goeie eerste indruk van die locals nie! Toe maar piekniek gehou met ‘n paar goedjies wat ons by halwe SPAR opgelaai het, en toe die laaang grondpad aangedurf na Aus – darem net 120 kilos grondpad, res geteer en albei baie goed! Vrek baie springbokke en baie mooi landskap gesien. Slaap vanaand in ‘n pragtige Lodge genaamd Klein – Aus Vista. Mense weereens ongelooflik vriendelik, almal Afrikaans en kos en wyn heerlik. Moet more oggend gaan draf, dit is pragtig hier!