1ste Oktober:
Na baie totsiense en ‘n woeste geskarrel het ons uiteindelik Vrydagmiddag net na 4pm in die taxie geklim. Min het ons geweet dat dit ons amper 3 ure gaan neem om by Heathrow uit te kom. Ek moes net vir Daan rustig hou aangesien die Taxie drywer niks wou weet van die regter baan en ons angstigheid nie.
Ons het ingebook sonder om oorgewig te betaal. Dit is ‘n goeie begin. Na my glasie champers en Daan se apple martini by Gordon Ramsey se “Just Plane Food” het ons besef – The time has come!!!