17,18 en 19de Oktober
Nog ‘n heerlike dag in Etosha! Bietjie Blou Bul babbelas na gister se uiters swak vertoning. Good luck aan die Sharks en Province vir die finaal, dalk nou die einde van ‘n goue era vir die Bulls.... Hier in Etosha sien ons net vlaktes en diere, baie diere – Leeus, renosters, massiewe olifante en troppe en troppe gemsbokke, zebbies en springbokke. So 30 meter van ons tent af het daar ‘n jakkalsgesinnetjie gebly, Pa, Ma en vier baie quite kleintjies, natuurlik het hulle soos regte jakkelse opgetree en ons van kos beroof waar hulle kon! Die gemiddelde tempratuur was so tussen 35 en 40 grade in die dag, so swembad en gin en tonic het ons tussen kosmaak, eet en skottelgoed aan die gang gehou. Quality family time , dit was heerlik!
Toe ons weer die sweet van ons voorkoppe afvee, was 4dae in Etosha verby en ons tydjie saam met ons ma hulle ook aan ‘n einde. Besef maar net weer hoe belangrik familie is en ons is so bevoorreg om nog lekker saammet ons ouers te kan vakansie hou.
Vandag le die laaaang pad tussen Etosha en Divindu (Noord Ooste van Namibie) voor. Ons het middagete geeet saam met Ma Thea en Willem by Namutoni (‘n ou Duitse fort, vandag ‘n kamp in Etosha). Vandaar het almal se paadjies geskei. Ons het na ‘n nagmerrie pad, veilig by Ngepi naby die Poppa Falls gearriveer. Ons het vir so rukkie saam met die locals gekuier en toe gaan inkruip. Ek het ons bestuurder snoesig in sy bedjie gesit en ingetuck onder die miskietnet, sodat hy uitgerus kan opstaan. Ek, aan die anderkant het onrustig geslaap. Die seekoei se voetstappe en die geluid van ‘n moontlike luiperdhet my van my nagrus ontneem. Ek moet darem byse, ons het in ‘n baie dun riethutjie op die oewer van die Okavangorivier geslaap en seekoeie en luiperds is volop!