13 de Oktober Swakopmund na Twyfelfontein
Vandag was eenvoudig. Hoogtepunt was Henties, laagtepunt was Henties(Seker maar omdat ons nie brannas en visstokke by ons gehad het nie!) Middelpunt was Uis (ons het toe nie Brandewyn daar gedrink op uis nie, maar wel ‘n heerlike toasted cheese and tomato sandwich verslint) en eindpunt was Aba –Huab(Kamp terryn naby Twyfelfontein).
How lucky can we get??? ‘n Trop woestyn olifante het ons verwelkom by Aba-Huab se droe woestyn loop. Hulle was amazing om te sien! Maar het hulle vir ons skade gemaak! Hulle het die waterpomp op ons kampterrein verwoes. En ons kon nie vir hulle skade maak nie! Nodeloos om te se, nie happy campers sonder enige water in 37 grade nie. Gelukkig met goeie geselskap en baie wyn en heerlike kos het ons, ons eerste winderige nag op Twyfelfontein baie geniet.