15de Oktober Aba-Huhb na Etosha
Ons iPod raak bietjie moeg na soveel km’s, so ek en Daan het heerlik gesing om onsself te vermaak, van Die Stem tot Roxette. Interessant hoe ons die woorde eens op ‘n tyd baie beter geken het...
Ons blog is bietjie agter en dus moes ons bietjie inhaal in die kar. Ons sal ongelukkig seker eers in Botswana al ons avonture kan post.
Etosha – die meeste diere bymekaar wat ek nog ooit gesien het. Dit is ongelooflik om die troppe en troppe wild te sien oppad na die kamp. Kamp opslaan is altyd ‘n lekker gelag/baie verbete en ernstig. “Van waaraf waai die wind?”, “Watter kant moet die ingang van die tent wees?”, “Jinne, Daan help asb. bietjie hier”, “wat wil julle drink”, “hel maar dis warm!”...
Ons het verseker die heel beste spot gekry. Reg langs die kampdraad en naby die amazing watergat. Die beste van alles, ons eie jakkals gesinnetjie met 4 paar weke oue kleintjies. Sy het vir ma Thea tandjies gewys toe ons te naby aan hulle gegaan het, maar het ons gou begin vertrou rondom haar kidos.