Search This Blog

Sunday, 31 October 2010

20,21 en 22ste Oktober

20,21 en 22ste Oktober
Met nie te veel moeite is ons deur Botswana se grenspos oppad Maun toe.  Goed optyd het ons in Maun aangekom en vir Gil ontmoet by die lughawe.  Hy het ons 4x4 getoets om vas te stel of ons deur die water en sandpaaie van die Moremi sal oorleef.  Hy het gesien ons het nie baie geloof in KEA nie. 
Ons het met met Kavango Air gevlieg na Pom Pom Kamp in die Delta in.  Die Okavango Delta is die enigste “inland delta” in die wereld.  Louis, ons loods het ons vriendelik ontvang en veilig na ‘n half uur in ‘n 4 sitplek vliegtuigieveilig by die landingstrook afgelaai.  Die scenery was ongeloooflik en om in so klein vliegtuigie te vlieg, was ook ‘n baie unieke ervaring!
Max, ons gids, het ons met sy Land Cruiser ontvang.  Hy is vreeslik aangenaam en oor die 2m lank.  Dit is altyd lekker as die werklikheid meer indrukwekkend is as die prentjies op die websites.  Pom Pom Camp is fantasties!!!  Ons het in die tent verste van die ontvangs gebly.  Tent nommer 8 was lieflik! 
Ons het bietjie tyd gehad vir onsself na ons heerlike middagete op die rivier voor ons nagrit.  ‘n Luiperd het haar rietbok prooi opgetrek in ‘n boom net buite die kamp.  Met ‘n wakened oog het sy nie ver van haar prooi af beweeg nie.  Ek het die mees fantastiese fotos van haar geneem.   Sy het onderdeur ons voertuig geloop en verby my kant geskuur.  Ons  was nog nooit so naby aan ‘n luiperd nie!  Nadat ons ‘n seekoei sien wei het, het ons ‘n groot maanhaar leeu gesien eet aan ‘n blouwildebees.  Ons het ‘n “sun downer” geniet onder ‘n ongelooflike mooi  kremetartboom. 
 Ons het wonderlike mese ontmoet .  Mark en Catherine ‘n couple wat op die oomblik in Jhb bly, maar in Londen woon het ons geselskap gehou om die vuur.
Dou voor dag is ons weer op en aan die gang.  Vanoggend het ons met die makoro’s uitgevaar na ‘n klein eiland.  Met varsgebakte muffins en ‘n koppie koffie het Gully (on sander gids)ons bederf.  Ek was terug kamp toe saam met Catherine op haar makoro, en Daan het gaan visvang het saam met Max.  Hy het 2 Grootbek vissies gevang – nie baie indrukwekkende visse nie, maar tog baie pret.
Ons het die res van die dag rustig verkeer tot voor “afternoon tea”.  ‘n Trop besoekers by die kamp het dinge nie maklik gemaak om by die swembad area uit te kom nie.  In ons spore het ons omgedraai terug tent toe, toe die olifante ons omsingel het.  Veilig in ons tentjie het ons na die trop olifante gekyk.  Die kleintjie het tot op die platvorm gestap om haarself vir ons te wys.  Te oulik!!!!  Ek wou net foto’s neem van die Ollies, maar Nelie het baie veiliger gevoel met die tent se zip toe!
Vanaand se nagrit was weereens ongelooflik.  Ons het ‘n jagluiperd gesien.  Hy was baie skugter maar ons kon hom mooi sien.  Hy het soos blits verby ons gehardloop.
Snoesig in ons tentjie, na nog ‘n wonderlike dag het ons na die geroep van die hiena geluister en aan die slaap geraak.
Ons laaste dag by Pom Pom Camp was ook heerlik, maar altyd sleg om te weet jy moet ‘n wonderlike plek agterlaat.  Die Okavango Delta is ongelooflik, die ongereptheid en voellewe, is iets wat ons nog nerens op Aarde ervaar het nie.  ‘’Money well spent’’ en sal verseker in die toekoms die delta weer kom verken!


Terug in Maun het ons gaan opstock vir ons laaste 2 dae van kamp in die Moremi, ons KEA teruggekry met die versekering dat hy Moremi se sandpak kan vat en toe na Discovery Bed and Breakfast, waar ons met Nelie se Pa (Dawie) opgecatch het, ongelukkig het ‘n mini maagvirus met my opgecatch! Nodeloos om te se ek was vanaand bietjie uit aksie!

17,18 en 19de Oktober

17,18 en 19de Oktober
Nog ‘n heerlike dag in Etosha!  Bietjie Blou Bul babbelas na gister se uiters swak vertoning.  Good luck aan die Sharks en Province vir die finaal, dalk nou die einde van ‘n goue era vir die Bulls.... Hier in Etosha sien ons net vlaktes en diere, baie diere – Leeus, renosters, massiewe olifante en troppe en troppe gemsbokke, zebbies en springbokke.  So 30 meter van ons tent af het daar ‘n jakkalsgesinnetjie gebly, Pa, Ma en vier baie quite kleintjies, natuurlik het hulle soos regte jakkelse opgetree en ons van kos beroof waar hulle kon!  Die gemiddelde tempratuur was so tussen 35 en 40 grade in die dag, so swembad en gin en tonic het ons tussen kosmaak,  eet en skottelgoed aan die gang gehou.  Quality family time , dit was heerlik!
Toe ons weer die sweet van ons voorkoppe afvee, was 4dae in Etosha verby en ons tydjie saam met ons ma hulle ook aan ‘n einde.  Besef maar net weer hoe belangrik familie is en ons is so bevoorreg om nog lekker saammet ons ouers te kan vakansie hou.

Vandag le die laaaang pad tussen Etosha en Divindu (Noord Ooste van Namibie) voor.  Ons het  middagete geeet saam met Ma Thea en Willem by Namutoni (‘n ou Duitse fort, vandag ‘n kamp in Etosha).  Vandaar het almal se paadjies geskei.  Ons het na ‘n nagmerrie pad, veilig by Ngepi naby die Poppa Falls gearriveer.  Ons het vir so rukkie saam met die locals gekuier en toe gaan inkruip.  Ek het ons bestuurder snoesig in sy bedjie gesit en ingetuck onder die miskietnet, sodat hy uitgerus kan opstaan.  Ek, aan die anderkant het onrustig geslaap.  Die seekoei se voetstappe en die geluid van ‘n moontlike luiperdhet my van my nagrus ontneem.  Ek moet darem byse, ons het in ‘n baie dun riethutjie op die oewer van die Okavangorivier geslaap en seekoeie en luiperds is volop!


16de Oktober

16de Oktober
Die twee jong Van den Heevertjies sukkel bietjie met die vroeg opstaan elke oggend.  Die spul Duitsers met hulle harde stemme en entosiasme vir vroee oggend drives help ook nie.  Vanoggend het ons bietjie kon inle in ons daktentjie.  Saterdag – rugby, Curribeker Semi’s!!!  Na so paar oproepies het Daan die venue vir die games gevind.  By ‘n Lodge net buite Etosha . 
“Ouma Hannelie “ het baie mooi na ons gekyk.  Die manne het elke nou en dan vir ons kom hello se by die swembad.  Spotty, die semi mak zebra wat gevlug het onder die kloue van die leeus in die buur lodge, het heerlik saam gechill om die swembad.
So bietjie tempting om daar te bly vir aandete nadat “Ouma” ons vir ‘n toer deur die kombuis gevat het, het ons terug kamp toe gegaan en Daan se heerlike Swakopmund beeshaas geeet.  Bygese, dit was na ons amazing leeu sighting.

15de Oktober

15de Oktober Aba-Huhb na Etosha
Ons iPod raak bietjie moeg na soveel km’s, so ek en Daan het heerlik gesing om onsself te vermaak, van Die Stem tot Roxette.  Interessant hoe ons die woorde eens op ‘n tyd baie beter geken het...
Ons blog is bietjie agter en dus moes ons bietjie inhaal in die kar. Ons sal ongelukkig seker eers in Botswana  al ons avonture kan post.
Etosha – die meeste diere bymekaar wat ek nog ooit gesien het.  Dit is ongelooflik om die troppe en troppe wild te sien oppad na die kamp.  Kamp opslaan is altyd ‘n lekker gelag/baie verbete en ernstig.  “Van waaraf waai die wind?”, “Watter kant moet die ingang van die tent wees?”, “Jinne, Daan help asb. bietjie hier”, “wat wil julle drink”, “hel maar dis warm!”...
Ons het verseker die heel beste spot gekry.  Reg langs die kampdraad en naby die amazing watergat.  Die beste van alles, ons eie jakkals gesinnetjie met 4 paar weke oue kleintjies.  Sy het vir ma Thea tandjies gewys toe ons te naby aan hulle gegaan het, maar het ons gou begin vertrou rondom haar kidos.


14 de Oktober

14 de Oktober Aba-Huab
Anieke Boesmantekeninge, wow hoe ongelooflik...  Mona Lisa, ons oulike gids het ons vermaak en ingelig oor die antieke rotskuns.  Twyfelfontein is Namibie se eerste World Heritage Sight en die rotskuns is tussen 4000 en 6000 jaar oud!   Soos ons na die welbekende leeutekening met die lang stert kyk, sien ons weer ‘n trop woestyn olifante!  Hulle is blykbaar net so skaars soos hoendertande en 4 maande laas hier te siene!
In die hitte van die dag, uitgehonger vir bietjie luxury het ons gaan draai by Twyfelfontein  Lodge.  ‘n beautiful sonsondergang met ‘n yskoue G&T, that’s what  holiday is  all about!!!
Later het ons heerlik gekuier om die braaivleis vuurtjie en gesmul aan ma Thea se pampoentert, nogals gebak op die kole!  Ons het na ete goeie nuus gekry – die waterpomp was weer in werking!  Ek en Daan het die ys gebreek en n lou,koue shower in die donker nag gaan aanpak.  Vir gesoute ou Voorries was dit nie so erg soos vir ons twee moeders nie.  Al giggelend het hulle dit gesurvive .



13de Oktober

13 de Oktober                                                     Swakopmund na Twyfelfontein
Vandag was eenvoudig.  Hoogtepunt was Henties, laagtepunt was Henties(Seker maar omdat ons nie brannas en visstokke by ons gehad het nie!) Middelpunt was Uis  (ons het toe nie Brandewyn daar gedrink op uis nie, maar wel ‘n heerlike toasted cheese and tomato sandwich verslint) en eindpunt was Aba –Huab(Kamp terryn naby Twyfelfontein).
                                        
How lucky can we get??? ‘n Trop woestyn olifante het ons verwelkom by Aba-Huab se droe woestyn loop. Hulle was amazing om te sien!  Maar het hulle vir ons skade gemaak!  Hulle het die waterpomp op ons kampterrein verwoes.  En ons kon nie vir hulle skade maak nie! Nodeloos om te se, nie happy campers sonder enige water in 37 grade nie.  Gelukkig met goeie geselskap en baie wyn en heerlike kos het ons, ons eerste winderige nag op Twyfelfontein baie geniet.


9de Oktober

9de Oktober 2010
Met‘n verfrissende draffie langs die see het ek en Daan die dag begin.  Ons hotel se ontbyt is fantasties.  Hotel Rapmund – het gou in Rapsmund verander, net langs  die baie bekende Cafe Anton was ‘n briljante keuse deur Ma Thea en Willem.

Ons is mal oor Swakkopmund se oulike winkeltjies en heerlike koffie huise.  Ons twee Ma’s moes natuurlik elkeen ietsie warms aanskaf aangesien dit heelwat koeler is as wat ons gedink het dit gaan wees.

By Dare Devil Adventures het ons, Ma Thea en Willem die Dune Buggies uitgetoets.  Was dit nou VET PRET!! Nodeloos om te se, heel bo toe ons uitkyk oor die pragtige duine, merk ons weer op dat ons dune buggy WEER ‘n pap linker voorwiel het.  What’s the odds?

Ons het vir pa Johan en ma Sarie by ‘n oulike plekkie op Lang Strand se Pier gekry vir ‘n drink.  Op die koue aand was Tassenberg die enigste opsie vir die rooiwyn drinkers...
Met inbly pizza in ons hotel het ons die heerlike dag afgesluit.

KEA – nou gedoop KAK EN AKSIE, se clucthplaat moes reggemaak word, HONDA moes nuwe bande kry en Prado moes nuwe Jack en fuse kry!  Namibiee het dalk nie tolpaaie nie, maar die paaie eis hulle tol!  Intussen het ons ‘n paar winkeltjies besoek, die Kristal gallery gaan bewonder en toe gaan shop vir 6 dae se kamp tjop en dop.

Daan was op vleis, Pa Johan op drank en die vrouens in Super Spar.  By die Roundevouz punt kom ons toe agter Willem en Thea was ook by Topps, sschooo genoeg drank sal gein probleem wees nie!

Laaste avont maal is geeet by The Grape vine, uitgesoek deur Daan en ook aanbeveel deur die Lonely Planet. Die hoogte punt was ‘n Springfields 2006 Chardonay, wat ‘n wyn!  Swakopmund, wat ‘n amazing plek, sal ons verseker weer sien!


8ste Oktober

Swakopmund
“Rubber duck” en “Ruiter in swart” moes vir “Mother Goose” gehelp het om hulle gebarste band te ruil.  In die snikheet woestyn le die 3 manne op die stofpad en die vrouens dra koue bier aan.  Dit is toe wat Willem besluit het om definitief te bele in ‘n “banddrukmonitor”.

Ons het heerlik gekuier en seekos geeet by dieTug – ‘n omskepde sleepboot wat nou een van die bekenste en lekkerste restaurant in Namibie is.  Dit is die einste boot (Die Daan Human) wat vir Willem in 1972 uitgetrek het uit Kaapstad oppad na Londen. 

7de Oktober

7de Oktober      Kanaan
Na talle oproepe en sms’e na KEA het ons uiteindelik ons nuwe 4x4 gekry.  Die stukkie pad tussen Luderitz en Kanaan is ongeloofliik mooi.  Natuurlik het ons ALWEER ‘n pap band toe ons stilhou.  Hermie en Marlene het ons by hulle plaas genaamd Kanaan verwelkom.  Baie interessante “couple” – so kry elke pot sy deksel...

Ons het almal in Hermie se klein bakkie met moerse wiele die 22 duisend hektaar plaas plat gery.  Ons het op die hoogste duin gaan sit en die son sien sak met ‘n glasie champers in die hand.  Die kontras tussen die rooi duine, geel gras en berge is ongelooflik mooi.

Ons het vir die 3de keer in Namibie heerlike Gemsbok geeet (hierdie keer schnietsel) en ma Thea het sommer ook gekoop vir ons potjie in Sesriem.

6de Oktober

6de Oktober
Luderitz
6:15 Is ek, Ma Sarie en Willem op en oppad na Kolmanskop .  Dit is‘n ou diamantmyndorpie en was op sy dag die rykste dorp in Suidelike Afrika. Vandag ‘n ou spook dorpie.  Ons het gehoop om mooi fotos te neem in die goue oggendure, maar dit alles tevergeefs, digte mis het my weer snoesig agter  Daan se rug laat inkruip.  

Ons sou nooit kon dink dat Luderitz so koud kon wees nie!  Gepanser is ons later die middag terug om die interessante  toer by Kolmanskop by te woon.  Die aand het ons gesellig by
The Barrel, ons gastehuis se resturant gekuier met Live Music en heerlike vars kabeljou, lekker wyn en hope gasvryheid!

Wednesday, 6 October 2010

5de Oktober 2010

Die Van den Heevers was fluks vanoggend.  Ons het gaan draf in die stofpaaie van Klein-Aus.  Sjoe, die hitte is bietjie anders as wat ons aan gewoond is.  Soos wat ons uitstap na die ontbyttafel sien ons, ons regter agter band is heeltemal pap.  Daan se moed het in sy skoene gesak!

Kea se “compressor” het nie veel beteken nie, maar gelukkig het ons vir Willem.  Syne het ons band opgepomp om tot by Luderitz te kan ry.  Oppad na Luderitz het ons die Wilde Perde van Garub langs die pad gekry.  Wow, dit was pragtig om die wilde perde te kon sien. 

Al die fotograwe het fotos van die perde en landskappe uitgeruil terwyl Daan vir ons ‘n yskoue Savannatjie, met ‘n suurlemoen, in die hand gestop het.  Ongelukkig het KEA se 4x4 ons weer in die steek gelaat toe my liefste man prober omdraai het.  Gelukkig het ons “walkie talkies” en het “Rubberduck” vir “Mother Goose” en “Ruiter in Swart” ontbied vir hulp.

Ons is daar uit met stofwolke en die reuk van ‘n gebrande koppellaar.  Ons se ook dankie vir die ooms en tannie van Naboomspruit wat hand by gesit het.

Ons het darem veilig gearriveer in Luderitz by ons gastehuis “ Kratzplatz”.  Ons het heerlike champers en “oesters van Luderitz” geniet, terwyl ons lekker gelag het vir al die avonture van die dag.  Daan het ook lekker saam gelag, maar kan nie wag vir sy nuwe KEA 4x4 wat hy hopenlik more sal kry nie.  Nodeloos om te se, die koppellaar het dit toe nie gemaak nie.



2de - 4de Oktober

2de Oktober:
Pa  Johan het ons hartlik ontvang in die MOEDERLAND.  Ons het ons  Nissan Double Cab by Kea  gaan optel.  Natuurlik eers na ‘n elle lange verduidelikings sessie.  Daan het vir ons, ons daktent binne etlike sekondes kon opslaan.  ‘n Ou Voortrekker!!

Ons het heerlik gekuier by Ouma Sally en Oupa Ge hulle.   Wat ‘n wonderlike voorreg om nog saam met die oupas en oumas te kan kuier.

Vandaar het ons  na die Van den Heever woning gegaan om die Bulle te ondersteun saam met Pa Dawie.  Die Bulle het oudergewoonte vir Province  in ‘n spannende stryd gewen (Soos Naas se, die Currie Beker word nie in Mei gewen nie ).

Na ons gou vir Ma Thea en Willem gegroet het, het ons saam met Jaco en Ellenore na “Tasha’s” in Brooklyn Square gegaan en lekker saam met al die vriende gekuier.  SA behandel almal baie goed.  Almal is aan die draf en lyk baie gelukkig.  Mike, Tanya, Stephan, Nina, Masie, Mel, die Vermeulens en Fam, dankie vir ‘n heerlike gesellige aand.  Goeie vriende is goud werd!!

3de Oktober:
Vroeg op, rooi ogies en laaang gape later het Ma Sarie se koffie en lekker beskuit ons uit die kooi uit.  Ons het net voor ons wou vertrek  gesien dat ons nie een nie, maar twee “slow punctures’” het.   Al wat ons kan se is Wes-Transvaal se paaie is super k..!  Niks soos ‘n lekker SA Wimpy nie (Lichtenburg), paar keer wiel pomp en toe uieindelik op Upington.  By ‘n baie lekker gastehuis op die Oranjerivier se oewer ingebook en toe heerlik by Le Must geeet, my Pa het ons vermaak met sy gebakte skaapkop. Smiley soos hy gedoop is, het heeltyd vir ons ge ’’smile’’, terwyl my Pa heerlik aan hom gesmul het.  Die mense op Upington is baie vriendelik en praat almal Afrikaans.

4 Oktober
Vroeg uit die vere om punctures  te laat regmaak, toe heerlike ontbyd, kar gaan oplaai, lekker biltong en droewors by slaghuis en driepoot vir Nelie gaan koop.  Weer heerlik met al die locals gesels en toe’s ons in die kar – 120km Ariamsvlei (Namibie se naaste grenspos aan Upington) toe!  Alles het lekker maklik en vinnig by die grens gegaan, volgende stop Karasburg vir middagete.  Het lekker Steers of so iets in gedagte gehad (lyk soos ‘n groterige dorp op die kaart), maar al wat ons toe daar kry, was so ou halwe SPAR en ‘n moerse kwaai ongeskikte polisieman, wat my R150 beboet, omdat ek aan die verkeerde kant van die pad parkeer(ek mag daar parkeer, maar my neus wys in die verkeerde rigting! ) Nodeloos om te se, het ons  nogals ‘n seen opgeskop, maar alles verniet, Die polisieman is obviously bitter en jaloers op toeriste, nie ‘n goeie eerste indruk van die locals nie!  Toe maar piekniek gehou met ‘n paar goedjies wat ons by halwe SPAR opgelaai het, en toe die laaang grondpad aangedurf na Aus – darem net 120 kilos grondpad, res geteer en albei baie goed!  Vrek baie springbokke en baie mooi landskap gesien.  Slaap vanaand in ‘n pragtige Lodge genaamd Klein – Aus Vista.  Mense weereens ongelooflik vriendelik, almal Afrikaans en kos en wyn heerlik.  Moet more oggend gaan draf, dit is pragtig hier!


1ste Oktober 2010

1ste Oktober:

Na baie totsiense en ‘n woeste geskarrel het ons uiteindelik Vrydagmiddag net na 4pm in die taxie geklim.  Min het ons geweet dat dit ons amper 3 ure gaan neem  om by Heathrow uit te kom.  Ek moes net vir Daan rustig hou aangesien die Taxie drywer niks wou weet van die regter baan en ons angstigheid nie.

Ons het ingebook sonder om oorgewig te betaal.  Dit is ‘n goeie begin.  Na my glasie champers en Daan se apple martini by Gordon Ramsey  se “Just Plane Food” het ons besef – The time has come!!!