7de Oktober Kanaan
Na talle oproepe en sms’e na KEA het ons uiteindelik ons nuwe 4x4 gekry. Die stukkie pad tussen Luderitz en Kanaan is ongeloofliik mooi. Natuurlik het ons ALWEER ‘n pap band toe ons stilhou. Hermie en Marlene het ons by hulle plaas genaamd Kanaan verwelkom. Baie interessante “couple” – so kry elke pot sy deksel...
Ons het almal in Hermie se klein bakkie met moerse wiele die 22 duisend hektaar plaas plat gery. Ons het op die hoogste duin gaan sit en die son sien sak met ‘n glasie champers in die hand. Die kontras tussen die rooi duine, geel gras en berge is ongelooflik mooi.
Ons het vir die 3de keer in Namibie heerlike Gemsbok geeet (hierdie keer schnietsel) en ma Thea het sommer ook gekoop vir ons potjie in Sesriem.