14 de Oktober Aba-Huab
Anieke Boesmantekeninge, wow hoe ongelooflik... Mona Lisa, ons oulike gids het ons vermaak en ingelig oor die antieke rotskuns. Twyfelfontein is Namibie se eerste World Heritage Sight en die rotskuns is tussen 4000 en 6000 jaar oud! Soos ons na die welbekende leeutekening met die lang stert kyk, sien ons weer ‘n trop woestyn olifante! Hulle is blykbaar net so skaars soos hoendertande en 4 maande laas hier te siene!
In die hitte van die dag, uitgehonger vir bietjie luxury het ons gaan draai by Twyfelfontein Lodge. ‘n beautiful sonsondergang met ‘n yskoue G&T, that’s what holiday is all about!!!
Later het ons heerlik gekuier om die braaivleis vuurtjie en gesmul aan ma Thea se pampoentert, nogals gebak op die kole! Ons het na ete goeie nuus gekry – die waterpomp was weer in werking! Ek en Daan het die ys gebreek en n lou,koue shower in die donker nag gaan aanpak. Vir gesoute ou Voorries was dit nie so erg soos vir ons twee moeders nie. Al giggelend het hulle dit gesurvive .